For the most up-to-date news and information about the coronavirus pandemic, visit www.sacoronavirus.co.za

Oor Margaret Rossouw

Ek het twee voorliefdes: tale en wiskunde.

Só het alles begin:

Ek het in 2000 nie-amptelik met vertaling, redigering en proefleeswerk begin. Teen daardie tyd was ek ’n gekwalifiseerde fisioterapeut en het ek plaaslik en in Engeland in hospitale en privaat praktyke gewerk.

Hierna het ek ’n draai in die onderwys gaan maak: Ek het die Nagraadse Onderwyssertifikaat (met natuurwetenskappe en musiek as hoofvakke) en die graad HonsBEd in onderskeidelik 2002 en 2004 cum laude behaal en tussendeur onderwys gegee.

In hierdie tyd het ek die geleentheid aangegryp om wiskunde as ekstra vak by die Universiteit Stellenbosch te neem. Dit was heerlik om wiskunde te studeer.

Opleiding in vertaling en redigering:

Ek het die graad MPhil in Vertaling en Redigering in 2006 cum laude aan die Universiteit Stellenbosch behaal. Literêre vertaling was een van my hoofvakke en ek het my meestersgraadtesis ook hieroor gedoen.

Sedertdien werk ek as vryskuttaalpraktisyn in Afrikaans en Engels.

Wiskunde en tale se paadjies kruis:

Ek was van 2008 tot 2014 deeltyds betrokke by ’n wiskundesentrum op Malmesbury en gee sedert 2015 ekstra wiskundeklasse vir hoërskoolleerders op Malmesbury en Stellenbosch. Ek geniet dit om hierdie kinders te help. Ek was ook een van die aanbieders van Maths 4 Africa se kwartaallikse Early Bird-kursusse vir graad 10-, 11- en 12-leerders op Stellenbosch.

My betrokkenheid by wiskunde bring mee dat ek dikwels wiskundehandboeke vertaal en redigeer. Ek het ook die geleentheid gekry om inhoudsontwikkeling te doen en self wiskundeboeke te skryf (en dit dan te vertaal).

Ek het die Maths 4 Africa-studiegids vir graad 9 geskryf, wat in 2020 in Afrikaans en Engels uitgegee is. Ek werk ook tans aan die graad 8-studiegids in hierdie gewilde reeks. Die kleurvolle Maths 4 Africa-boeke is daarop gemik om wiskunde maklik verstaanbaar te maak deur belangrike beginsels en voorbeelde (insluitend moeiliker eksamenvrae) op ’n eenvoudige manier te verduidelik.

Ek is ook medeskrywer van die graad 9-wiskundeboek in die Pythagoras-reeks (Afrikaans en Engels). Hierdie boek, wat opsommings, voorbeelde en vrae met volledige oplossings bevat, is in 2015 deur Fisichem Uitgewers uitgegee.

 
Dienste

• Vertaling (Engels/Afrikaans en Afrikaans/Engels)
• Redigering/taalversorging (Afrikaans en Engels)

• Proeflees (Afrikaans en Engels)
• Wiskunde: inhoudsontwikkeling en -kontrolering, sowel as die    aanbieding van kursusse

 
Spesialisgebiede

• Opvoedkunde
• Wiskunde
• Natuurwetenskappe
• Mediese wetenskappe, insluitend fisioterapie en kliniese    proewe
• Landbouwetenskappe

• Lewensvaardighede/lewensoriëntering (op skoolvlak)
• Musiek
• Sielkunde/psigiatrie
• Mens- en sosiale wetenskappe
• Toerisme
• Fiksie

 
Kliënte

• Maths 4 Africa
• Mindbourne
• Pearson
• Oxford (OUP)
• Cambridge (CUP)
• Heinemann
• Maskew Miller Longman

• Via Afrika
• Sun Media
• Mills & Boon (Jacklin Uitgewers)
• Departement van Kultuursake en Sport (Wes-Kaap)
• SAMELKO
• LitNet
ens.